Monday, 23 July 2012

Seven Passes Initiative Holiday program for 2012

Company Name: Seven Passes Initiative

Position in the Organisation: Area Coordinator and Founder

Name of the Charity: Seven Passes Initiative

Website of the Charity: www.sevenpasses.org.za

What does the Charity doe?

Improve of self esteems; improve of exposure to experience and opportunities limited by lack of infrastructure with in rural communities which we live i. Access to learning opportunities.

How many children?

Currently 150 children

Ages of the children: 0-18 years

Programs we had this June month
dates:
VERSLAG VAN ELKE DAG        25/06/2012
 Met aankoms was ons baie hartlik verwelkom met blye harte en vriendelike glimlaggende gesigte, onmiddelik het ons nie meer soos gaste gevoel nie maar soos vriende.
Die program het omstreeks  10:30 begin waar ons almal op die sportsgronde bymekaar gekom het, waar ons almal welkom geheet het,en aan almal die dag se program voorgehou het. Lucrecia Maarman het ‘n  icebreaker gedoen
Wat die jeug gate uit geniet het. Om 13h00 het hulle ete geniet. (groentesop)  Daarna het die program met sport aktiwiteite voortgegaan en omstreeks 16h00 het die program

Dinsdag                         26/06/2012
Rugby  en sokker was op die voorgrond.
Die onder 13 Rugby span is uitgenooi na die SWD arende se voorgame.
Hierdie game vind plaas op 29/06/2012 te Outenikwa Park
Die onder 13 van Touwsranten speel teen Thembalethu.
81 kinders het vandag die program bygewoon.
Love life het ‘n sessie oor gedrags verandering aangebied.
Die rol van die jeug in die gemeenskap en hoe om betrokke te raak in die gemeenskap. Die kinders was in groepe van 5 verdeel om boeresport te doen. Die kleiner kinders was ook liedjies geleer , oefeninge laat doen en games met hulle gespeel. Daarna het ons na die netbal baan beweeg en die verskillende ouderdoms groepe was in kompetisie.
Die dag was suksesvol, al het die weer nie lekker saamgespeel nie. Ons het ons doel vir die dag bereik.
Woensdag            27/06/2012
Vandag is ‘n koel , winderige dag, ons besluit om die saal te gebruik om  met ons inkleur projek te begin.
Love life het die ys gebreek, en kinders van verskillende ouderdoms groepe het aan die inkleur projek deelgeneem.
Soos gewoonlik het die kinders weer in groot getalle opgedaag. Vandag het 63 in total die geleentheid bygewoon.
Denice van SANCA het die jongmense ‘n fliek laat kyk (step up 2) waaruit hulle baie kon leer. Baie dankie ook vir haar bydrae.
Donderdag           28/06/2012
Lurecia was verantwoordelik vir die ice breaker en daar was hope pret. Die kinders is gaande oor Lucrecia en haar span.
Charlton het die kinders 2 nuwe liedjies geleer en om hulle gevoel te kry oor kinder mishandeling.
Daarna het ons die kinders geleer oor MIV/ Vigs en HIV oor hoe dit groei en deur onbeskermde seks.
Ronel en Anicke het met hulle ‘n praatjie gehad oor rolmodelle.
Love life was ook besoek deur hul Regional Programs Leader wat die dag saam met die kinders gespandeer het.
43 kinders het die verrigtinge bygewoon
Vrydag                 29/06/2012
Die dag was vol pret , die onder 13 seuns het ‘n voor game op Outenikwa Park teen Thembalethu gespeel.  Die rugby ontwikkelings  afrigter van die SWD Arende  het ons uitgenooi en Seven Passes het die spelers vervoer.
Ons was 19 spelers en 5 toesighouers . ons het die game verloor 15 punte teenoor 14.  Daarna het ons na die  onder 21 Arende wedstryd teen die onder  21 Bulldogs  gekyk.
Die Arende het die Bulldogs gewen. Een van ons spelers Innocent het R250.00 gewen ,waarna hy vir elkeen van sy spanmaats roomys gekoop het. Die famous Kurt Coleman
Was ook teenwoordig en die spelers het hulle vergaap aan so ‘n Rugby ster. Hulle het hom behoorlik gepla vir handtekeninge. Dit was ‘n onvergeetlike namiddag






No comments:

Post a Comment