Company Name: Seven
Passes Initiative
Position in the Organisation:
Area Coordinator and Founder
Name of the Charity:
Seven Passes Initiative
What does the Charity
doe?
Improve of self esteems;
improve of exposure to experience and opportunities limited by lack of infrastructure
with in rural communities which we live i. Access to learning opportunities.
How many children?
Currently 150
children
Ages of the children:
0-18 years
VERSLAG VAN ELKE DAG 25/06/2012
Die
program het omstreeks 10:30 begin waar
ons almal op die sportsgronde bymekaar gekom het, waar ons almal welkom geheet
het,en aan almal die dag se program voorgehou het. Lucrecia Maarman het ‘n icebreaker gedoen
Wat
die jeug gate uit geniet het. Om 13h00 het hulle ete geniet. (groentesop) Daarna het die program met sport aktiwiteite
voortgegaan en omstreeks 16h00 het die program
Dinsdag 26/06/2012
Rugby en sokker was op die voorgrond.
Die
onder 13 Rugby span is uitgenooi na die SWD arende se voorgame.
Hierdie
game vind plaas op 29/06/2012 te Outenikwa Park
Die
onder 13 van Touwsranten speel teen Thembalethu.
81
kinders het vandag die program bygewoon.
Love
life het ‘n sessie oor gedrags verandering aangebied.
Die
rol van die jeug in die gemeenskap en hoe om betrokke te raak in die
gemeenskap. Die kinders was in groepe van 5 verdeel om boeresport te doen. Die
kleiner kinders was ook liedjies geleer , oefeninge laat doen en games met
hulle gespeel. Daarna het ons na die netbal baan beweeg en die verskillende
ouderdoms groepe was in kompetisie.
Die
dag was suksesvol, al het die weer nie lekker saamgespeel nie. Ons het ons doel
vir die dag bereik.
Woensdag 27/06/2012
Vandag
is ‘n koel , winderige dag, ons besluit om die saal te gebruik om met ons inkleur projek te begin.
Love
life het die ys gebreek, en kinders van verskillende ouderdoms groepe het aan
die inkleur projek deelgeneem.
Soos
gewoonlik het die kinders weer in groot getalle opgedaag. Vandag het 63 in
total die geleentheid bygewoon.
Denice
van SANCA het die jongmense ‘n fliek laat kyk (step up 2) waaruit hulle baie
kon leer. Baie dankie ook vir haar bydrae.
Donderdag 28/06/2012
Lurecia
was verantwoordelik vir die ice breaker en daar was hope pret. Die kinders is
gaande oor Lucrecia en haar span.
Charlton
het die kinders 2 nuwe liedjies geleer en om hulle gevoel te kry oor kinder
mishandeling.
Daarna
het ons die kinders geleer oor MIV/ Vigs en HIV oor hoe dit groei en deur
onbeskermde seks.
Ronel
en Anicke het met hulle ‘n praatjie gehad oor rolmodelle.
Love
life was ook besoek deur hul Regional Programs Leader wat die dag saam met die
kinders gespandeer het.
43 kinders het die verrigtinge
bygewoon
Vrydag 29/06/2012
Die
dag was vol pret , die onder 13 seuns het ‘n voor game op Outenikwa Park teen
Thembalethu gespeel. Die rugby
ontwikkelings afrigter van die SWD
Arende het ons uitgenooi en Seven Passes
het die spelers vervoer.
Ons
was 19 spelers en 5 toesighouers . ons het die game verloor 15 punte teenoor
14. Daarna het ons na die onder 21 Arende wedstryd teen die onder 21 Bulldogs
gekyk.
Die
Arende het die Bulldogs gewen. Een van ons spelers Innocent het R250.00 gewen
,waarna hy vir elkeen van sy spanmaats roomys gekoop het. Die famous Kurt
Coleman
Was
ook teenwoordig en die spelers het hulle vergaap aan so ‘n Rugby ster. Hulle
het hom behoorlik gepla vir handtekeninge. Dit was ‘n onvergeetlike namiddag










